Dieselenjin

'n Moderne Mercedes-dieselenjin
Die eerste dieselenjin van 1893
Dieselkragopwekker op 'n olietenkskip

'n Dieselenjin is 'n binnebrandmotor wat die Dieselsiklus benut. Dit is in 1892 deur die Duitse ingenieur, Rudolf Diesel uitgevind en was gebaseer op die warm gloeikop-ontwerp en is gepatenteer op 23 Februarie 1893.

Dieselenjins gebruik die kompressie-ontstekingsmeganisme, 'n proses waardeur die brandstof ingespuit word nadat die lug saamgepers is in die verbrandingskamer en veroorsaak dat die brandstof selfontbrand. In teenstelling daarmee gebruik petrolenjins die Otto-siklus waar die brandstof met die lug vermeng word voordat die mengsel saamgepers en ontsteek word met behulp van 'n vonkprop.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search